Wiele2Wiele
By: Maroela Media
Language: af
Categories: Leisure, Automotive
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Episodes
Wiele2Wiele: Agter die skerms by Dakar
Jan 09, 2026Wiele2Wiele is terug vir 2026 en hulle wiele is weer aan die rol. Met die Dakar-veldtydren wat tans in volle swang is in Saoedi-Arabië, plaas hulle die kollig op een van die wêreld se uitmergelendste veldtydrenne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:43Wiele2Wiele ry BMW M2
Dec 12, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - ’n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op ’n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en ’n ‘Japannese Ducati’ pronk nou in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:06Wiele2Wiele ry Tucson en nuwe J5
Dec 05, 2025Wiele2Wiele vat die langpad met die Hyundai Tucson en spandeer ook tyd agter die stuur van Jaecoo se splinternuwe J5. King of the Whip 2025 was verlede naweek en waar daar motorsport-aksie is, is Motul daar. Clinton gesels ook met sy seun, Tristin Pienaar, wat bekroon is as die PE200-wenner én die 2025 SAES National Superbike Cup-kampioen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:23:52Wiele2Wiele ry Jetour T2
Nov 28, 2025Renault stel sy splinternuwe Kiger bekend en ons gaan ry met Jetour se T2, wat behoorlik die koppe laat draai. Passievol oor motorsport en Porsche? Dan móét jy die ‘60 years of Porsche Racing at Kyalami’-koffietafelboek in die hande kry. Motul was weer volstoom betrokke by die 'Roof of Africa' en ’n jonge heer leer vir ’n tannie ’n ding of twee, tydens die VW Rookie Cup Media Challenge. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:27Wiele2Wiele ry nuwe Duster
Nov 21, 2025In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak ’n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300 RT-motorfiets en deel ’n interessante MotoGP-feit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:51Wiele2Wiele: Omoda in kollig
Nov 14, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele plaas hulle Omoda in die kollig - hulle toets die C9 400T Explore en die splinternuwe C7. Daar is ’n Motul-wenk, hulle gesels oor veilige volgafstande en vir 2Wiele word daar meer vertel oor vier Suid-Afrikaners wat ons vlag hoog laat waai. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:06Wiele2Wiele ry opgeknapte mu-X
Nov 06, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Alfa Romeo sy splinternuwe Junior bekend en hulle bring tyd agter die stuur van Isuzu se opgeknapte mu-X sewesitpleksportnuts. Daar is waardevolle olieraad en hulle vat jou terug na 1998, toe Yamaha sy legendariese R1-supermotorfiets aan die wêreld bekend gestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:24Wiele2Wiele: GR Yaris kry outo-ratkas
Oct 31, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele stel Toyota sy splinternuwe GR Yaris Outo bekend - ’n verrigtingsikoon! Changan is in die land met vyf nuwe modelle en Jetour stel sy T-reeks bekend. Daar is ook waardevolle raad van Motul, die Killarney Motorskou vind komende naweek plaas en hulle gesels oor BMW se R 12 G/S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:26Wiele2Wiele: Kia se Carnival opgekikker
Oct 23, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel MG sy nuwe ZS Pro bekend - ’n kompakte familie-voertuig. Leapmotor, deel van die Stellantis-groep, bring ook sy nuwe C10 REEV na die plaaslike mark. Die opgegradeerde sewesitplek Kia Carnival het die span behoorlik aan die gons. Daar word gesels met Taki Bogiages oor Motul en vir 2Wiele is die nuwe 2025 WSBK-kampioen bekroon. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:19Wiele2Wiele: Nuwe Transporter, Triber en XC90 bekendgestel
Oct 17, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie bekendstellings - die Volkswagen Transporter, Renault se Triber en die Volvo XC90. Daar is weer ’n tegniese wenk: moet jy in neutraal of in rat ry vir brandstofbesparing? Hulle bring ook vir jou al die jongste 2Wiele-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:54Wiele2Wiele ry inprop-hibried Velar
Oct 09, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met Range Rover se inprop-hibried Velar, die Opel Grandland en hulle bring ook tyd met die Volkswagen Tayron deur. Motul gee raad oor gedokterde diesel en die span deel die jongste nuus uit die motorfietswêreld. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:30Wiele2Wiele: Heeltyd speeltyd met Mini en BMW
Oct 02, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele is dit heeltyd speeltyd met die Mini Cooper JCW en BMW se M135. Hulle gesels oor al die goed wat jy in jou motor doen wanneer jy in verkeer vassit. Daar word ook oor Marc Márguez, wat pas as die 2025 MotoGP-kampioen gekroon is, gesels en kyk terug na alles wat hy sedert 2020 moes trotseer om weer bo uit te kom. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:54Wiele2Wiele ry met twee BMW’s
Sep 26, 2025Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele ’n draai met BMW se 118 en sy wilde boetie, die M235. BYD het sy splinternuwe Dolphin Surf bekendgestel - tans die bekostigbaarste elektriese motor in Suid-Afrika. Ons deel praktiese raad oor ‘run-flat’-bande en gesels oor die indrukwekkende BMW R 1300 GS Adventure-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:42Wiele2Wiele ry Audi se A3-sedan
Sep 19, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele vier Toyota sy Hilux se ryke geskiedenis in Suid-Afrika met die bekendstelling van die Hilux Legend 55. Vir die padtoets van die week klim die span agter die stuur van die Audi A3 sedan in.
Daarna kyk hulle terug na die naweek se motorsport-aksie met die Extreme Festival se GR Cup en vertel jou meer van die ’Killarney Time Attack Powered by MasterDrive’ wat hierdie komende naweek plaasvind. Hulle gesels ook met Clinton oor sy Moto Bike Shed-storie en wat hulle alles vir jou kan bied. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Mazda, Volvo en Audi onder die loep
Sep 13, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie padtoetse: die Mazda CX-30 wat propvol standaardspesifikasies is, die Volvo C40 Recharge wat die koppe laat draai en die Audi Q8 55 TFSI Black Edition met sy treffende swart afwerkings.
Verder gee hulle raad oor hoe jy jou swaarvoertuiglisensie kan kry en gesels oor die 2025 MotoGP-kampioenskap wat binnekort beklink word. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Audi RS Q8
Sep 05, 2025Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met die Audi RS Q8 - is dit ’n sportmotor of ’n familiemotor? Hulle spandeer ook tyd met die handratmodel van Volkswagen se T-Cross en is aangeneem verras.
Volkswagen het ook sy splinternuwe Tayron bekendgestel. Hy is as ’n sewesitplek beskikbaar teen ’n bekostigbare prys, met tipiese VW-kwaliteit wat jou sal laat glimlag. Hulle raak dan nostalgies met ’n besonderde motorsport-koffietafelboek, ’South African Champion’ en gee vir jou terugvoer oor die avontuurmotorfiets-toer na die Makgadikgadi-panne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ervaar nuwe MG3
Aug 29, 2025Hierdie week op Wiele2Wiele ervaar hulle die splinternuwe MG3, ’n kompakte luikrug wat beslis aandag gaan trek. Hulle bring ook tyd met die Chery Tiggo 7 CHS deur. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:10Wiele2Wiele ry Jaecoo se J7 SHS
Aug 22, 2025Hierdie week op Wiele2Wiele stel Volvo die nuwe EX30 Cross Country bekend. Hulle neem jou saam op ’n Toyota ‘Roots to Routes’-geskiedenisreis en spandeer tyd met die Jaecoo J7 SHS. Verder gesels hulle oor die regte bandkeuses vir jou 4x4-voertuig en raak nostalgies oor 2Wiele met die Suzuki GSX-750 SRAD. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:24Wiele2Wiele ry met Omoda se inprop-C9
Aug 14, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele bring hulle tyd met die Omoda C9 SHS, ’n inprop-hibriede model, deur en gaan speel met die Mini Covertible Cooper S.
Ford Motor Company of Southern Africa beplan om amper R1 miljard in sy handelaarsnetwerk te belê. Die 'EV’s on Display'-skou in Hermanus was ’n reusesukses en hulle deel al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Ranger XLT
Aug 07, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die besonderse ‘EV’s on Display’-skou wat die komende naweek in Hermanus plaasvind. Hulle spandeer ook tyd saam met die Ford Ranger XLT-bakkie. Jy hoor van Gert en sy pantoffels en hoekom get\Worth kwaliteit beloon. Hulle gesels ook oor Suid-Afrikaanse motorvervaardigers en die invloed van Amerikaanse uitvoerbelasting. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:09Wiele2Wiele ry Polo R-line
Jul 31, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met die trotse #BuildInSA Volkswagen Polo R-Line. Dan is dit tyd vir speel met ‘klei’ en kreatief raak met ’n keramiek Suzuki Jimny 5-deur by die Clay Café. Hulle deel ook hul eie get\Worth-storie en gesels dan met Daniel Pienaar van These Sweet Times. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:20Wiele2Wiele ry met VW se Golf 1.4 TSI
Jul 24, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor Nissan se nuwe Stealth-bakkie en hulle bring kwaliteittyd met VW se Golf 1.4 TSI deur - ’n ware juweel van ’n motor. Daar is raad oor wetlike beskerming wanneer jy ’n motor aankoop, ’n tegniese wenk oor motordiefstal en Honda-nostalgie vir 2Wiele-liefhebbers. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:23Wiele2Wiele ry Suzuki Dzire
Jul 17, 2025Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele met Suzuki se Dzire-sedan rond. Stellantis het groot planne vir Suid-Afrika, onder andere met sy Opel Grandland. Daar is raad oor hoe om jou motortransaksie ongekompliseerd te hou, ’n tegniese wenk oor waarborgkostes en hulle gesels met KJ Mononyane, wat aan die 2025 Red Bull MotoGP Rookies Cup deelneem. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:10Wiele2Wiele ry vuurwarm Audi
Jul 10, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met Audi se vuurwarm SQ7 V8-sportnuts. Carl leer dans met ’n Nissan 350Z en hulle speel bietjie met ’n Suzuki Swift. Daar is ook raad oor wanneer jy ’n motor aanlyn koop en Martin Camp deel sy Dakar-planne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:30Wiele2Wiele ry met opgekikkerde Kia Sorento
Jul 04, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele ry ons met die nuwe opgekikkerde Kia Sorento sewesitplek-sportnuts en bring tyd met die Audi Q3 35 TDI deur. Ons gee raad oor slaggate vir wanneer jy jou droom tweedehandsevoertuig koop en AJ Venter vertel jou alles van sy deelname aan 2025 Isle of Man TT. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:05Wiele2Wiele ry P300-bakkie
Jun 26, 2025Hierdie week beleef Wiele2Wiele hoe die Ford Wildlife Foundation ’n verskil maak deur die Cape Leopard Trust en hulle spandeer tyd met die GWM P300-bakkie. Daar is ’n tegniese wenk oor wat gebeur wanneer jy daardie Eco-, Comfort- en Sport-knoppies druk, asook die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:25Wiele2Wiele ry nuwe Cross en Duster
Jun 23, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die opgegradeerde Toyota Corolla Cross en Renault se splinternuwe Duster. Hulle gesels oor die ‘black-box’ in jou motor wat geheime verklap en kuier saam met Ernest Page van Tracktion Driving Experiences oor hulle ‘Track Experience’-renbaanopsie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:44Wiele2Wiele: Drie nuwe hibriede motors onder die loep
Jun 12, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor drie nuwe hibriede voertuie – die Hyundai Santa Fe, die Jaecoo J7 SHS en die Omoda C9 PHEV. Dit is dan ook heeltyd-speeltyd en sywaarts saam met Tracktion Driving Experiences! Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:07Wiele2Wiele toets Tank, Omoda en Transit
Jun 05, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: Die GWM Tank 300 2.4 diesel, Omoda se C5 230T en die Ford Transit Custom Sport. Hulle gesels ook met Carien Teessen - sy was die enigste dame op ’n vierwielmotorfiets wat aan die onlangse SA Safari Veldtydren deelgeneem het. Hulle gesels ook met AJ Venter, wat aan die North West 200 in Ierland deelgeneem het en tans deelneem aan die Isle of Man TT-renne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:59Wiele2Wiele ry nuwe hibriede Jaecoo J7
May 30, 2025In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Amaze en ervaar die Jaecoo J7 SHS voor sy amptelike bekendstelling. Hulle deel hul eie Kritzinger get\Worth-storie en staan breëbors trots oor ronde drie van die 2025 Wêreld-veldtydrenkampioenskapreeks (W2RC) wat op eie bodem plaasgevind het - die Safari Veldtydren by Sun City. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:27:22Wiele2Wiele ry met SA se Motor van die Jaar
May 23, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle met die splinternuwe vierdegenerasie Suzuki Dzire en spandeer tyd met die SA Motor van die Jaar-wenner - die BMW X3 e30. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:13Wiele2Wiele: Hier is SA se Motor van die Jaar
May 16, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word die wenners van die Motor van die Jaar (COTY) onder die loep geneem. Hulle gesels die nuwe sewestiplek-Hyundai Alcazar en die Isuzu mu-X wat opgeknap is. Hulle verduidelik wat die verskillende rookkleure uit jou uitlaat kan beteken en gesels oor die Fransman Johann Zarco, wat die naweek se MotoGP-ren in Frankryk gewen het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:23:49Wiele2Wiele gesels oor afgelope Simola-heuwelren
May 08, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola Hillclimb wat die afgelope naweek plaasgevind het en Jeanette wat daar deelgeneem het in ’n Suzuki Swift Sport en deel was van die Suzuki SA-span. Terwyl sy in die Suid-Kaap was, het sy ook met Dirk Coetzee gesels - ’n inspekteur van get\Worth in die Tuinroete. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:27:40Wiele2Wiele ry met BMW X3 M50
May 02, 2025In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die fantastiese BMW X3 M50, spaar brandstof met Suzuki se outomatiese Swift en maak jou lus vir hierdie komende naweek se Simola-heuwelren in Knysna. Hulle deel ’n interessante tegniese wenk oor motors wat soos in die flieks weghol en maak ’n draai in ’n kollega se motorhuis, om te sien watter nuwe ysterperde daar pronk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:27Wiele2Wiele: Alles wat jy oor Simola-heuwelren moet weet
Apr 24, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola-heuwelren, wat van 1 tot 4 Mei 2025 in Knysna plaasvind. Suzuki Suid-Afrika sal daar wees om te wys jy hoef nie sakke vol geld of ’n monster-enjin te hê om deel te wees van een van die lekkerste motorsportgeleenthede nie! Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:48Wiele2Wiele ry nuwe VW Golf
Apr 17, 2025In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die splinternuwe VW Golf 8.5. Hulle glimlag breed oor die Mini Cooper S en raak stylvol in Franschhoek saam met Lexus en JAN. Vir die wenk van die week gesels hulle oor sagteware wat jou enjin se komponente beskerm en hulle sit die kollig op die Márquez-era in MotoGP-renne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:15Wiele2Wiele ry Triton en Tiguan
Apr 10, 2025Hierdie week vir Wiele2Wiele leer hulle jou om te sleep soos ’n ‘pro’ met die Ford Ranger. Hulle spandeer tyd met die Mitsubishi Triton-bakkie, toets die Volkswagen Tiguan en gesels oor waardevermindering. Hulle verduidelik die verskil tussen ’n uitlaatsisteem-passer en ’n vervaardiger. Daar is ook al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:32Wiele2Wiele ry Volvo se vlagskip-sportnuts
Apr 03, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle in luuksheid met Volvo se splinternuwe vlagskip-sportnuts – die EX90. Hulle vertel jou meer oor Lexus se opgradering van sy LX-sportnuts en raak nostalgies oor ’n besonderse boek - 60 Years of Porsche Racing at Kyalami. Daar word ook gesels oor pantserveiligheid wat nou meer bekostigbaar is met die SVI Light-pakket en kyk na International Female Ride Day wat in Mei plaasvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:54Wiele2Wiele brul met M5, Mini Aceman en slim wenke
Mar 27, 2025Hierdie week vat Wiele2Wiele jou saam op ʼn rit in die splinternuwe adrenalienbelaaide BMW M5, en hulle maak kennis met die jongste lid van die Mini-familie – die nuwe Aceman. Daar is ook ʼn waardevolle motorwaarde- en tegniese wenk, plus alles wat jy wil weet oor Funduros en opwindende veldmotorfiets-kompetisies. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:45Wiele2Wiele skop stof op met nuwe Duster
Mar 20, 2025In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar ‘n uitdaging: Wees kop- en lyffiks vir die uitmergelende Fortuner Challenge! Die beloning: ’n nuwe Toyota Fortuner GR-Sport!
Die langverwagte, splinternuwe Renault Duster is ook hier en laat die koppe behoorlik draai.
Daar is raad van get\Worth oor die faktore wat jou motor se waarde bepaal en hulle gesels met Martin Camp, wat sy visier stel op die 2026 Dakar-ren op ’n Kove-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Touareg en Everest
Mar 13, 2025In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die baie gewilde VW Touareg en Ford se vlagskip-sportnuts, die Everest Platinum. get\Worth gee dan vir jou slim raad oor hoe om jou voertuig se koop of verkoop beter te beplan. Hulle kyk ook na waarheen die energie gaan wat jy in jou tenk gooi en bring vir jou agter-die-skerms MotoGP-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:22Wiele2Wiele: Nuwe P300-bakkie onder die loep
Mar 07, 2025In hierdie episode van Wiele2Wiele besoek hulle die BMW-aanleg in Rosslyn buite Pretoria om te sien waar die nuwe vierde generasie BMW X3 gebou word. GWM het sy nuwe P300-bakkie bekend gestel en daar is ’n waardevolle wenk oor motorwaarde. Die ‘Kerk, Karre & Koffie’-geleentheid kom ook onder die loep en vir 2Wiele word daar onder meer oor die eerste MotoGP-ren gesels. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:45Wiele2Wiele maak kennis met MG se Cyberster
Feb 27, 2025In hierdie week se Wiele2Wiele-episode maak hulle kennis met MG se pragtige Cyberster. Met sy skêr-deure en 0-100 km/h in net 3,2 sekondes, is dit meer as net 'n sportmotor – dit is 'n belewenis! Wat bepaal die waarde van jou motor? Mariantha van get\Worth gaan vir jou die antwoord gee. Daarna gesels die span oor ‘Kerk, karre en koffie’. Dit was ook die eerste rondte van die MRSSA-renne en hulle vertel jou alles daarvan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:31Wiele2Wiele ry met Jac T9-bakkie
Feb 20, 2025Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe driedeur-Mini Cooper, ervaar die Chinese JAC T9-bakkie en leer meer oor waardevermindering saam met get\Worth. Hulle raak ook nostalgies oor motortegnologie met ’n 1973 VW Beetle. Vir 2Wiele gesels hulle oor Martin Camp wat gaan deelneem aan die SA Safari Rally op ’n Kove-motorfiets, en ook oor MotoGP en WorldSBK. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:09Wiele2Wiele ry met BMW M760e
Feb 13, 2025Wiele2Wiele het ’n draai by die Volkswagen Indaba gaan maak en raak opgewonde oor alles wat op pad is - selfs Italiaanse wiele! Hulle gaan ry in luuksheid met ’n ‘spa’ op wiele - BMW se M760e. Daar is waardevolle tweedehandse motorwaarde-wenke en die Motorcycle Racing Series South Africa (MRSSA) gaan amptelik afskop met die Suzuki 8R Cup wat bekostigbare motorfietsrenne moontlik maak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:29Wiele2Wiele gesels oor MG se nuwe SA hoofstuk
Feb 06, 2025In hierdie week se Wiele2Wiele-episode vertel hulle jou meer oor MG se bekendstelling van sy ZS- en HS-sportnutsmodelle in Suid-Afrika. Die Ford Ranger Platinum is ’n luukse bakkie met ’n klomp tierlantyntjies en get\Worth bring vir jou ’n motorwaardewenk. Clinton Pienaar kuier in die ateljee, gesels oor Project-X en bespiegel oor die MotoGP-seisoen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:38Wiele2Wiele ry opgeknapte Corolla Cross
Jan 30, 2025Vir hierdie week se Wiele2Wiele-episode het hulle met die opgeknapte Toyota Corolla Cross gaan ry. Die Cross is Suid-Afrika se topverkoper-sportnuts. Hulle het ook die SOMI (State of the Motor Industry)-geleentheid bygewoon, sit die kollig op die MG HS en verduidelik die verskil tussen ‘nuut’ en ‘opgegradeer’ in die week se tegniese wenk. Laastens gesels hulle oor die ikoniese Suzuki TL 1000 S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:37'Wiele2Wiele' draai by die Haval H7 en Dakar-veldtydren
Jan 24, 2025Hierdie week stel GWM hulle nuwe Haval H7 bekend wat soos ʼn paal bo water uitstaan met sy unieke styl en kenmerke. Hulle draai die fokus na die MG ZS en gaan loer na getWorth se resensies op Google. Daar is ook ʼn volledige verslag oor die 2025 Dakar-veldtydren en die podiumresultate van ons trotse Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika-renspan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:39Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux
Jan 20, 2025In hierdie episode van Wiele2Wiele skyn hulle die kollig op die MG Cyberster, ry meer as 4 000km met die Hilux Raider 48V en spandeer tyd met die Omoda C9. Hulle gesels oor die brandstofkwaliteit in Suid-Afrika en oor die KTM-bom wat einde 2024 gebars het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:33Wiele2Wiele gesels MG en Dakar
Jan 10, 2025Vir die eerste Wiele2Wiele-program van 2025 gesels hulle met Joe Pretorius, bemarkingsbestuurder van MG Motor SA, oor MG se ryke geskiedenis van meer as 100 jaar en sy terugkeer na Suid-Afrika. Hulle kyk ook na interessante feite en insigte oor die 2025 Dakar-ren wat tans aan die gang is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:02Wiele2Wiele: Land Rover se Defender 90 D300 onder die loep
Dec 12, 2024In die laaste Wiele2Wiele-episode vir 2024 word daar Land Rover se Defender 90 D300 gesels. Daar word ook oor 2025 se Dakar-ren gesels en hulle vertel jou meer oor al die Suider-Afrika deelnemers wat in aksie gaan wees. Soek jy bewyse dat get\Worth werklik kwaliteit beloon? Hulle gaan vir jou praktiese voorbeelde gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:26Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-XC90
Dec 05, 2024In hierdie week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met Volvo se luukse XC90 T8 Recharge sportnuts, spandeer tyd in Ford se Territory en geniet Suzuki se uitstekende nuwe Swift-buksie. Daar is handige raad vir die langpad en ’n Honda-motorfiets vir enige smaak en begroting. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:39Wiele2Wiele ry met nuwe Triton-bakkie en opgeknapte Creta
Nov 28, 2024In hierdie week se episode van Wiele2Wiele deel Renault Suid-Afrika opwindende nuus, die splinternuwe Mitsubishi Triton maak sy verskyning en Hyundai het hul gewilde Creta opgeknap. Jy sal moet spring vir get\Worth se "Crazy Deals" van November! Honda Tygerberg hou ’n opedag vir motorfietsentoesiaste, en die manne gesels oor ’n monster van ’n ysterperd. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:26Wiele2Wiele toetsbestuur Monster-Merc
Nov 22, 2024In hierdie week se episode van Wiele2Wiele toetsbestuur hulle die lang slap Mercedes-AMG GT 63 E Performance - ’n monster met Formule 1-tegnologie, 620 kW en ’n ongelooflike 1 470 Nm wringkrag. Nissan stel ook sy nuwe Magnite bekend, propvol moderne tegnologie. Nicol en Mariantha van get\Worth pak ’n prettige karspeletjie aan en Clinton bring vir jou ’n opsomming van die 2024 MotoGP-kampioenskap. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:44Wiele2Wiele ry met Omoda C9 en nuwe Swift
Nov 14, 2024In hierdie episode van Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die luukse Omoda C9 en Suzuki se splinternuwe Swift wat op almal se lippe is. Hulle gesels met Winstone Jordaan, hoof uitvoerende beampte by GridCars, om antwoorde te kry op ’n klomp brandende vrae. Daar is ook ’n lusmaker vir 2Wiele met die kragtige Yamaha MT-01 met sy 1670cc-enjin. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:22Wiele2Wiele ry met Chinese Jetour X70 Plus
Nov 08, 2024In hierdie episode leer Wiele2Wiele die Jetour X70 Plus van nader ken – 'n sewesitplek-sportnuts met 'n prys van R 454 900. Hulle verken ook twee Volkswagen Polo Vivo-modelle.
get\Worth gaan vir November “mal” met hulle pryse en tydens die tegniese wenk van die week bespreek hulle hibriede-aandryfstelsels. Hulle hou jou ook op hoogte van die jongste motorfietsnuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Tourneo-bus en Jaguar se I-Pace
Oct 31, 2024In hierdie episode spandeer Wiele2Wiele tyd met die nuwe Ford Tourneo-bussie en ook die Jaguar I-PACE. Hulle gesels dan met Donovan Parker, die aankoopspesialis by get/Worth, oor hoe hulle kwaliteit beloon. Vir 2Wiele gaan dit alles oor die opwindende 2024 WorldSBK-seisoen en wie as kampioene bekroon is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:40Wiele2Wiele ry Merc se ingenieurswonder
Oct 24, 2024In hierdie week se Wiele2Wiele-episode ry hulle met die ingenieurswonder - die Mercedes-AMG C63S E Performance wat 500 kW en 1 020 Nm bied. Omoda stel sy luukse C9-sportnuts bekend en get\Worth wil hul pakhuis volmaak en sal kwaliteit beloon.
Hulle vertel jou alles oor turbo-tegnologie en daar is ’n nuwe nasionale 'Suzuki GSX-8R Cup' motorfiets-renklas vir 2025. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Langpad met Isuzu D-Max; nuwe model vir Mahindra
Oct 17, 2024In hierdie episode vat Carl en sy seuns die langpad met die Isuzu D-Max 3.0L Ddi 4x4 LSE om ’n verskil in Lesotho te gaan maak. Mahindra stel sy nuwe XUV 3X0 bekend - ’n kompakte sportnuts teen ’n sakpasprys.
get\Worth beloon kwaliteit en kan die regte waarde van jou motor bepaal. Daarna gesels Clinton met Tom en Lauren, wat op hulle Honda CG125-motorfietse, al die pad van Londen, deur Wes-Afrika, na Kaapstad gereis het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Duinepret en heuwel-aksie
Oct 11, 2024In hierdie week se Wiele2Wiele-episode gaan speel Carl en Jeanette in die Atlantis-duine met die Toyota Hilux GR Sport III tydens vanjaar se Atlantis 4x4-pretdag. Daar was ook aksie by die Zwartkops-renbaan met die 'Top of the Hill'-uitdaging en Brendon Staniforth was daar saam met Volkswagen Motorsport SA vir die Volkswagen Rookie Cup Shootout.
Clinton Pienaar is ook terug in die ateljee en vertel jou alles van die eerste 'Project-X' navigasie-uitdaging, wat in die Richtersveld plaasgevind het en wie daar koning gekraai het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Hyundai Exter
Oct 04, 2024Wiele2Wiele het met Hyundai se nuweling, die Exter, gaan ry - ’n kompakte sportnuts vir minder as R270 000. Hulle ry ook in weelde met Mercedes-Benz se EQE 350+. Daar is ‘Crazy Deals’ by get\Worth vir Oktober, hulle gee raad oor die belangrikheid van ’n padvaardigheidsertifikaat voor jy jou motor verkoop en gesels oor die MotoGP. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:53Wiele2Wiele: Drie Chinese modelle onder die loep
Sep 26, 2024In hierdie se episode van Wiele2Wiele kom nuwe Chinese modelle onder die loep - Jetour se Dashing en X70 Plus is nou in Suid-Afrika beskikbaar en GAC het sy nuwe Emkoo bekend gestel. Mariantha Fryer van get\Worth deel waardevolle raad, SVI pronk by die AAD-ekspo en hulle gesels oor unieke V-twin motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:26Wiele2Wiele ry met nuwe Ford-bus
Sep 20, 2024In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. get\Worth gee raad oor hoe jy geld kan spaar, daar is ’n tegniese wenk oor diensplanne en met die BMW GS Trophy wat tans aan die gang is in Namibië, vertel hulle jou meer van die BMW R 1300 GS Enduro Package-avontuurmotorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:00Wiele2Wiele ry met nuwe Tiguan
Sep 12, 2024In hierdie week se episode van Wiele2Wiele het hulle met die splinternuwe derde generasie Volkswagen Tiguan gaan ry en tyd met VW se ID.4 deurgebring. GAC se nuwe Emkoo gooi flikkers, hulle gee raad oor waardevermindering en vertel vir jou van ’n sakpas-avontuurmotorfiets wat jou sal verbaas - die Kove 450 Rally. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:26Wiele2Wiele vat langpad met Mini Countryman S
Sep 06, 2024In hierdie week se episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Mini Countryman S, spandeer tyd met Audi se A3-sedan en daar was alles waarvan jy kan droom by die 'Festival of Motoring'. Daar is raad oor waardevermindering en alles oor 'Project-X', navigasie en ʼn avontuurfiets-kompetisie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:57Wiele2Wiele ry met opgeknapte Polo Vivo
Aug 29, 2024In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Suid-Afrikaanse liefling - die VW Polo Vivo. Hulle ervaar ook ‘n paar eerstes by Toyota se ‘Women in Auto’-geleentheid - die brandstofsel- elektriese Toyota Mirai en hul battery- elektriese BZ4X.
Suzuki SA vat hande met FleetMax Africa om ’n spesiale padveilligheidskurrikulum, genaamd DriveSMART, te ontwikkel. Daar is ʼn verduideliking van nuwe-energie-voertuie en hulle gesels oor die BMW F 900 GS Adventure-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met GWM se nuwe P500 en Tank 500
Aug 22, 2024In hierdie week se episode gaan ry Wiele2wiele met ’n reus van ’n bakkie - die nuwe GWM P500 en ook met die Tank 500, wat amper ’n ampsmotor kan wees. Daar is nog ’n nuwe Chinese handelsmerk in Suid-Afrika - GAC - en sy nuwe GS3 Emzoom gooi behoorlik flikkers. Daar is ’n motorwaardewenk oor hoe om die regte keuse te maak wanneer jy ’n tweedehandse motor koop en hulle gesels met Daniël Pienaar oor ‘These Sweet Times’ vir ysterperd-herhinneringe. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:58Wiele2Wiele: Drie Kia’s onder die loep
Aug 15, 2024Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie van die bestes - die Kia Picanto, Kia Sonet en Kia Seltos. Vir die wenk van die week is daar paneelklopper-raad en Clinton Pienaar gesels met Rika de Bruyn oor die ysterperd-avonture waarop Dual Bike Adventures jou kan vat. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:14Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-hibried
Aug 08, 2024In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar ʼn traan gepink oor Jaguar se swanesang vir sy fantastiese binnebrandenjins en hulle spandeer ook tyd met die Volvo XC60 T8 Recharge Ultimate, ’n inprop-hibried. Dit is Vrouemaand en hulle gesels met get\Worth oor sy betrokkenheid by GRIT (Gender Rights in Tech) en ook met Arnold Oliver van AMID (Association of Motorcycle Industry Distributors). Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:00Wiele2Wiele: Nuwe Starlet Cross bekendgestel
Aug 01, 2024Wiele2Wiele was by die bekendstelling van Toyota se nuwe Starlet Cross. Hulle ook die langpad gevat met die GWM Tank 300 en met die Chery Tiggo 4 Pro DCT rondgerits. Daar is ’n motorwaardewenk, ’n tegniese wenk en hulle gesels oor die ’Suzuki Rider Safety’-opleidingsdag en die '2024 Suzuki Weekend Away'. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:32Wiele2Wiele ry met nuwe C3, BAIC B40 Plus
Jul 25, 2024Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Citroen C3 Aircross – ʼn sewesitplek sportnuts vir slegs R354 900. Hulle ervaar ook die nuwe BAIC B40 Plus. Daar is ’n motorwaardewenk, raad vir wanneer jy ’n paneelklopper nodig het en hulle gesels met Gerrit du Toit van Mira (Motorsport International Riding Apparel) wat wêreldwyd naam maak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:45Wiele2Wiele ry met nuwe Prado
Jul 18, 2024Wiele2Wiele is al die pad Mosambiek toe om Toyota se nuwe vyfde generasie Land Cruiser Prado onder hande te kry en hulle was werklik beïndruk. Hulle spandeer ook tyd met die Opel Corsa, wat ’n ryk geskiedenis het van oor die 40 jaar. Volkswagen het ook sy ID.4-sportnuts aan die media bekendgestel. Daar is ’n motorwaardewenk, ’n geleentheid wat hulde gaan bring aan Denis Joubert en Suzuki stel twee nuwe 800cc-motorfietse bekend. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:35Wiele2Wiele ry met opgeknapte i20
Jul 11, 2024Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met die opgeknapte en gewilde Hyundai i20. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Land Cruiser 76. Daar is ’n motorwaardewenk en hulle gesels oor twee tipes outomatiese ratkaste. Clinton Pienaar gesels met Taye Perry wat haar visier op die 2025 Dakar ingestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:27:10Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux
Jul 05, 2024Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se nuwe Hilux 48V hibriede bakkie en hulle vat ook die langpad Tankwa toe met die Ford Ranger Platinum. Daar is ’n waardevolle motorwaardewenk en Clinton Pienaar gesels met Hennie Smit en Jackie Anderson van die ‘Overberg and Other Adventure Rides’ Facebook-groep, oor hulle avontuur-ritte. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:57Wiele2Wiele: Merc se E-klas, CLE-koepee onder loep
Jun 28, 2024Wiele2Wiele vertel jou meer van Mercedes-Benz se bekendstelling van sy E-klas luukse sedan en CLE-koepee. GWM se nuwe Haval Jolion PRO het in Suid-Afrika aangekom. Die span gesels ook oor outomatiese ratkaste en Clinton Pienaar gesels met AJ Venter, wat die Suid-Afrikaanse vlag omhoog gehou het by die 2024 Isle of Man TT. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:48Wiele2Wiele ry met nuwe Kia Sonet
Jun 20, 2024Wiele2Wiele het met die opgeknapte Kia Sonet, wat soos ’n paal bo water uitstaan in hierdie marksegment, gaan ry. Hulle het ook tyd met die BMW X2 sDrive 18i M Sport deurgebring. Daar is 'n motorwaardewenk, wenke oor motorfietsbande en hulle maak jou lus vir ’n ‘Ilse of Man TT’-toer vir 2025. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:28Wiele2Wiele gesels oor nuwe Mini, Ranger Tremor
Jun 13, 2024Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span nostalgies met die bekendstelling van Mini se nuwe Countryman-reeks en hulle spandeer tyd met die Ford Ranger Tremor, wat op die 4x4-entoesias gemik is. Daar is weer ’n motorwaardewenk en Clinton Pienaar kuier in die ateljee vir al die 2Wiele-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:08Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’
Jun 06, 2024Wiele2Wiele ervaar Toyota se nuwe Hilux GR-S – die bakkie het houding en staan behoorlik uit. Hulle het ook met 'n 'ruimtetuig' gaan ry wat klink asof jy op pad maan toe is - BMW se i5 M60 xDrive. Daar is ’n motorwaardewenk, hulle gesels met Joubert Roux van Zero Carbon Charge wat ’n oplossing het vir elektriese-laaistasies in Suid-Afrika, en daar is motorfietsraad. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:07Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport
May 31, 2024Wiele2Wiele het JAC se 60ste verjaarsdagviering bygewoon en die nuwe vlagskip JAC T9-dubbelkajuitbakkie ervaar. Hulle het ook met die Land Rover Discovery Sport P300e PHEV gaan ry. Daar is ’n motorwaardewenk, alles oor wat dit verg om ’n ’stempel van goedkeuring’ te kry vir ’n SVI-gepantserde voertuig en die span gesels oor afleweringsmotorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:27Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria
May 23, 2024Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:23:53Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc
May 16, 2024In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met Mazda se vlagskip CX-60 2.5 AWD Individual-sportnuts en ook met Volkswagen se VW T-Roc 2.0 TSI R-Line. Daar is weer ’n waardevolle wenk oor motorwaardes en hulle gesels oor turbo’s en ikoniese 400cc-motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:30Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie
May 09, 2024In hierdie week se episode het Wiele2Wiele met Volvo se blitsige EX30 Ultra Twin Motor Performance-sportnuts en die Ford Ranger SuperCab Wildtrak-bakkie gaan ry. Daar was tonne motorsport-aksie by 14de Simola-heuwelren wat die afgelope naweek in Knysna plaasgevind het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:30Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto
May 02, 2024In hierdie week se episode van Wiele2Wiele - die Kia Picanto-buksie is mondig en opgeknap. Die span spandeer ook tyd met die GWM Tank 300 en raak opgewonde oor ’n warm luikrug - die Renault Megane RS 300 Trophy. Waarskuwings oor wat brandgevare by jou motor kan veroorsaak en ’n voorskou vir dié motorsport-geleentheid van die jaar - die heuwelren op Simona in Knysna. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:37Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestel
Apr 25, 2024Hierdie week was ’n besige week vir Wiele2Wiele - die nuwe Kia Seltos is bekendgestel, asook die splinternuwe BMW X2. Daar was ook ’n Stellantis-dag met ’n klomp interessanthede. Vir die motorwaarde-wenk word die vraag beantwoord - kan jy ’n voertuig aanlyn koop? Dit is dan motorsport-aksie vir die eerste rondte van die ‘SA Rally-Raid Championship’ (SA Veldren -kampioenskap) en die nuwe NWM Ford Ranger ‘Ultimate’-bakkie word bekendgestel. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:33Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7
Apr 18, 2024Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:31Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend
Apr 11, 2024Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel - die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa - die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:55Wiele2Wiele ry met mu-X
Apr 04, 2024Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X. Mercedes-Benz het sy stempel van goedkeuring vir die SVI-gepantserde V300 luukse bussie gegee en die span gesels oor verskillende dieselinspuiting-strategieë. Hulle gesels ook met Roald Van Zyl Smit wat vyf ou Vespa-bromponies besit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:39Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’
Apr 02, 2024Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:30Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-Roc
Mar 21, 2024Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc. Daar was GR-aksie met die GR Corolla en hulle gee ‘n motorwaarde-wenk. Hulle gesels ook met Jan Ryan van JR Motox Training en sy hart om van jonk na oud kennis te bemagtig om hulle veilig te hou op hul veldmotorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:34Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en Fronx
Mar 14, 2024Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Mazda CX60 Takumi, spandeer tyd met die elektriese GWM Ora en ook met Suzuki se Fronx. Vir die wenk van die week beantwoord hulle die vraag oor of jy jou binnebrandenjin na elektries kan omskakel? Daar is ook die eerste MotoGP-opwinding vir 2024. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:17Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens
Mar 08, 2024In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor BMW se nuwe 5-reeks sedan, wat die BMW i5 M60 xDrive en BMW 520d insluit, en Audi se RS6 Avant Performance! Daar is ook ’n eerste vir Wiele2Wiele - ’n radiodrama oor Miniette en Golfvaas wat vir ’n koffie-afspraak gegaan het. Die span gesels ook oor die 'Kerk, Karre & Koffie' mini-motorskou en alles wat daar te siene was. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:32Wiele2Wiele ry met GWM se Tank
Feb 29, 2024Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met GWM se Tank 300, wat kan klim waar bobbejaan ’n kierie nodig het. Honda stel sy nuwe Elevate bekend - ’n kompakte sportnutsvoertuig wat jou sal verbaas - en spandeer ook tyd met Suzuki se sessitplek-XL6. Clinton Pienaar kuier in die ateljee en deel al die jongste motorfietsnuus terwyl hy ook waardevolle raad gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:19Wiele2Wiele ry met Merc se GLE-reeks
Feb 22, 2024Hierdie week gaan ervaar Wiele2Wiele die nuwe Mercedes-Benz GLE SUV- en koepee-modelle. Vir die tweede keer in BMW se geskiedenis, is daar nog ’n M-model wat op sy eie staan - die BMW XM - en die span kan nie uitgepraat raak oor hierdie luukse wa wat hulle ervaar het nie. Hulle spandeer ook tyd met die Ford Puma, gee raad oor verkoelingstelsels en sien uit na die 2024 MotoGP. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:13Wiele2Wiele ry met nuwe Cruiser
Feb 15, 2024Wiele2Wiele gaan ry met die nuwe Toyota Land Cruiser 70 Series - hierdie 4x4-ikoon het nou ’n nuwe dryfstel-opsie. Daar is nuus by Volkswagen Suid-Afrika, alles oor suspensie vir die wenk van die week en hulle gesels oor die Sasol Yamaha FZR 1000 brandstofnavorsing-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:32Wiele2Wiele ry met BMW X6 M60i
Feb 09, 2024Hierdie week gaan gly Wiele2Wiele oor die pad met die nuwe Mercedes-Benz GLC Coupé, ry met die BMW X6 M60i-monster en raak weer aan die “Stand van die motorbedryf” (SOMI). Daar is nuus wat breek oor paraffien in diesel en dan kuier Clinton Pienaar in die ateljee met al die nuutste KTM motorfietsnuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:48Wiele2Wiele gesels oor jongste motornuus
Feb 02, 2024In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor die sewende “Stand van die motorbedryf” (Somi)-geleentheid, hulle gly oor die pad met Mercedes-Benz se C220D, het gaan kuier by get\Worth en vertel jou meer oor motorfiets- en motorvervaardigers wat saamwerk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:36Wiele2Wiele ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny
Jan 25, 2024Wiele2Wiele gaan ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny, vertel jou oor Stellantis se toekomsplanne en sluit die 2024 Dakar-veldtydren af met ’n opsomming. SVI bied nou vir jou opsies om die nuwe Ford Ranger-bakkie te pantser en vir 2Wiele gaan hulle terug in tyd om te gesels oor die unieke klank van tweeslag-motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:16Wiele2Wiele ry met peper warm Cayenne S
Jan 19, 2024Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Porsche se Cayenne S - die klank van hierdie 4.0L V8 met twee turboaanjaers, sal beslis vir jou hoendervel gee. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Vitz en gesels oor die 2024 Dakar-veldtydren. Vir die wenk van die week gesels die span oor filters en dan gaan hulle terug in tyd met snaakse motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:26:33Wiele2Wiele vat langpad met Scorpio-N
Jan 12, 2024Vir die eerste program van 2024, vat Wiele2Wiele die langpad met Mahindra se Scorpio-N, gesels oor die Suider-Afrika deelnemers in die 2024 Dakar-ren, bring hoop wanneer dit by binnebrandenjins kom en gaan terug in tyd met Honda se VFR-motorfietsreeks. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:24:47Wiele2Wiele ry met nuwe BMW, Lexus en Mazda
Dec 14, 2023In die week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met die vuurwarm BMW M2, Lexus se luukse RX 500h F Sport en die Mazda2-buksie. Marcella Martin deel haar get\Worth Audi A1-storie en daar is ’n koffietafelboek wat jy moet hê - die 'Kyalami Grand Prix Circuit - 60 Years of Memories'. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Duration: 00:25:56